WINTER BONUS MAGAZINE 2025
Binne gaan dit alles oor praktiese gebruik en gemak. Die voorpaneel is met sowat 40 mm verlaag, wat die uitsig vorentoe verbeter. Die inligtingvermaakstelsel ondersteun verbeterde slimfoonverbindings en die kajuit sluit slim bergingsoplossings in, waaronder die middelkonsole wat omgedop en as ’n armleuning of as ’n skinkbord gebruik kan word. ’n Opvallende binneruim-eienskap is die “eiland-argitektuur”-uitleg – groepering van kontroles soos die ratskakelaar, vertoonskerms, en luguitlate saam, wat beter ergonomie bied en minder oogbewegings vereis terwyl jy bestuur. Die bagasieruim is tot 749 liter vergroot (733 liter in die huidige weergawe), en om die agtersitplekke plat te vou gee jou nog meer ruimte vir lang toerusting. DRIE KENMERKENDE STYLE Toyota bied die nuwe RAV4 in drie stileringsopsies aan: CORE – Dit is die stedelike held, met ’n slanke, verfynde ontwerp en ’n stewige teenwoordigheid. Dink aan ’n hamerkop- geïnspireerde voorkantstilering met ’n moderne kinkel. ADVENTURE – Vir diegene wat leef om te verken, bied hierdie weergawe ’n robuuste veldry-voorkoms, met ’n gewaagde sierroosterontwerp, breë houding, en versterkte wielnisse. GR SPORT – ontwikkel met behulp van Toyota se motorsportkennis, is hierdie die mees atletiese van die reeks. Wat hierdie RAV4 werklik onderskei, is sy intelligensie. Toyota het sy nuwe Arene- sagtewareplatform vir die eerste keer bekendgestel. Dit is deur Woven by Toyota ontwikkel en dui op die begin van Toyota se verskuiwing na die wêreld van sagteware- gedefinieerde voertuie (SDV’s) – motors wat met elke opdatering al slimmer word. SLIMMER AS TEVORE Die RAV4 se nuwe multimediastelsel bied ’n aanpasbare tuisskerm en baie vinniger stemherkenning wat alledaagse interaksies gladder en meer persoonlik maak. Hy pronk ook met die jongste Toyota Safety Sense- pakket, met kernopgraderings soos die noodbestuur-stopstelsel (wat die motor veilig van die pad af laat trek as die bestuurder nie reageer nie) en verbeterde versnellingsbeheer om skielike onbedoelde bewegings te voorkom. As ’n mens vorentoe kyk, beplan Toyota om voortdurend veiligheidskenmerke en gebruikerservarings oor die lug op te dateer om te verseker dat die nuwe RAV4 vir die komende jare op die kruin van die golf bly. Toyota gaan die nuwe RAV4 in meer as 180 lande – insluitend Suid-Afrika – bekendstel. Besonderhede met betrekking tot plaaslike spesifikasies sal egter nader aan die bekendstelling vrygestel word. Die GR Sport pronk met spesiaal ingestelde vering, sportiewe buffers en wiele en ’n breër wielspoor vir beter hantering – of jy nou op die oop pad ry of deur die heuwels kronkel. www.agribonus.co.za 20 Winter 2025 BONUS
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=