WINTER BONUS MAGAZINE 2025
Hoe kan sitrusprodusente vruggrootte positief beïnvloed? By sitrusproduksie is vruggrootte een van die belangrikste bepalers van winsgewendheid. Groter vrugte is vroeër ryp, kan dus vroeër en vinniger geoes word, maak meer kartonne vol en subsidieer ook die produksiekoste van die hele blok aangesien die totale oes in meer kartonne verkoop kan word. Verder is die vervoer en verskeping van groter vrugte meer ekonomies aan- gesien kartonne, ongeag die grootte van die vrugte, dieselfde dimensies en gewig het en aan dieselfde verskepingstariewe onderhewig is. Dus, in die geval van groter vrugte word minder vrugte benodig om een karton te vul en is die waarde van ‘n karton met groot vrugte baie hoër. Die vraag kan dus tereg gevra word: Wat is die hooffaktore wat vruggrootte bepaal en wat kan sitrusprodusente doen om vruggrootte positief te beïnvloed? Faktore buite die beheer van ‘n produsent Die ontwikkeling van ‘n sitrusvrug bestaan uit drie fases, naamlik seldeling (Fase I), waar- tydens die meeste selle van die vrug ontwikkel; selvergroting (Fase II), waartydens gevormde selle vergroot; en rypwording (Fase III), waar- tydens vrugte ryp en daarna geoes word. Fase II word oorheers deur selvergroting en -ontwikkeling; vind plaas gedurende Desember tot April; en is ook die fase waartydens die vrugdeursnee en totale vruggewig die meeste toeneem (Bain, 1958). Afgesien van belangrike kulturele praktyke soos bemesting, besproeiing, en onderstamkeuse, is die belangrikste faktor wat uiteindelike vruggrootte bepaal die klimaatstoestande vanaf Desember tot April, veral die impak van temperatuur en reënval (Reuther, 1973). Sitrus is ‘n immergroen, subtropiese gewas en lae temperature en min reënval is die faktore wat vruggrootte die meeste beperk (Gold- schmidt, 1997). Sitrus benodig warm, sonnige dae met ongeveer 8,5 tot 9,5 ure sonlig en gemiddelde maksimum temperature van tussen 28°C en 35°C. www.agribonus.co.za 78 Winter 2025 BONUS
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=