WINTER BONUS MAGAZINE 2025
Jakkie Stander, Kommersiële Hoof: Produkte, Marné de Vries, Tegniese en Kommersiële Hoof: Vrugte en Neute, Enzo Jansen van Rensburg, Senior Grondkundige en Hortoloog Daarbenewens vereis sitrus gemiddelde nag- temperature van onder 19°C, wat respirasie en die interne afbreek van suikers beperk en dus ideaal is vir goeie interne vruggehalte. Baie min tot geen vruggroei vind plaas onder temperature van 13°C (Goldschmidt, 1997). Om hierdie rede is ‘n effektiewe hitte-eenheid (EHE) -model beskikbaar (Reuther, 1973) vir die voorspelling van oesdatums van verskeie sitruskultivars, wat Agri Technovation ook gebruik om vruggroottevoorspellings vroegtydig te bepaal en vroeg genoeg korrektiewe aksies aan te beveel. Effektiewe hitte-eenheid-data korreleer redelik goed met datums van vrugrypwording (Reuther, 1973) en alhoewel die model hoofsaaklik gebruik word om vrugrypheid en kultivargeskiktheid in ‘n sekere area te voorspel, kan die model ook goed aangewend word om die effek van temperatuur op potensiële vruggrootte in ‘n spesifieke seisoen te bepaal. Besproeiing Besproeiing het ‘n beduidende uitwerking op vruggroeitempo en finale vruggrootte (Gilfillan, 1987). Die effek van waterstres op vruggroei en vruggrootte word beïnvloed deur die tydstip en periode van stres in verhouding tot die ontwikkelingsfase van die vrug. Byvoorbeeld, waterstres tydens Fase I van vrugontwikkeling verminder vrugset en beïnvloed vruggrootte dus indirek (Hilgeman, 1977). Die meeste toename in vruggrootte vind egter plaas tydens Fase II van vrugontwikkeling (Bain, 1958) en waterstres gedurende hierdie fase, afhangende van die duur daarvan, kan (direk) lei tot ‘n afname in groeitempo en finale vruggrootte (Hilgeman, 1977). Kort periodes van waterstres gedurende die laat lente en vroeë somer verminder die groeitempo van vrugte onomkeerbaar. Langer besproeiingsiklusse na afloop van hierdie kort stresperiodes het geen noemens- waardige (positiewe) impak op die finale vruggrootte nie (Cooper, 1963; Hilgeman, 1977). Lang periodes van waterstres tydens Fase II het ‘n selfs meer nadelige impak op vruggrootte en lei ook tot fisiologiese newe-effekte in die skil (Hilgeman, 1977). Voedingstowwe Die belangrikste voedingstowwe wat vrug- grootte in sitrus beïnvloed, is stikstof (N) en kalium (K) (Chapman, 1968; Gilfillan, 1987). Meer as 40% van die totale droëmateriaal van ‘n sitrusvrug bestaan uit K. Om hierdie rede kan enige K-tekort lei tot ‘n vermindering in vruggrootte (Chapman, 1968). Die toediening van K-bemestings en -blaarvoedings kan dus ‘n verbetering in vruggrootte tot gevolg hê, veral wanneer die K-persentasie in die blaar laag is ten tyde van die toedienings. Faktore binne beheer van die produsent www.agribonus.co.za Winter 2025 BONUS 79
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=