WINTER BONUS MAGAZINE 2026

Goeie praktyk: Hoe ombiostimulante reg te gebruik Biostimulante het oor die algemeen elkeen aspekte wat ‘n produk kan beperk of laat uit- blink. Uit die aard daarvan dat daar so ‘n groot diversiteit van tipes biostimulante is, en dat dit as deel van gewasproduksieprogramme geïnte- greer moet word, dra die volgende faktore tot optimale gebruik en posisionering by: • Gebruik slegs geregistreerde biostimulante volgens die etiket. Dit bied ‘n mate van effektiwiteit, veiligheid, en gehalte. • Verstaan die metode van werking van die biostimulant wat gebruik word en dat dit tydens die korrekte groeifase van ‘n gewas op die korrekte manier aangewend word. Neem moontlike beperkinge wat die bio- stimulant het, in ag. • Maak seker dat die rakleeftyd en hanteringsprosedures van die produk verstaan word. • Verseker biostimulante se verenigbaarheid met ander middels, bv. chemiese insette, kunsmisstowwe, en ander biostimulante binne ‘n gewasproduksieprogram. • Verskeie produsente is onderhewig aan faktore wat druk op hul produksiebegro- tings plaas. Dis belangrik vir biostimulante om ‘n gesonde opbrengs van belegging te lewer, maar moet ook realisties aan ‘n produsent se begrotingsvereistes voldoen. Die rol van ‘n betroubare vennoot Die Suid-Afrikaanse mark in biostimulante is besig om vinnig te groei. Dit beteken egter dat ‘n hoogs kompeterende omgewing in die mark geskep word waar misleidende aansprake en inligting kan ontstaan. Hierdie produkte tree nie as wondermiddels op nie en kan slegs deur optimale posisionering, tydsberekening, en integrasie binne ‘n holistiese gewasproduksieprogram suksesvol aangewend word. Dis hier waar die waarde van ‘n betroubare vennoot uitblink. Laeveld Agrochembeskik oor die vermoë omdie gaping tussen innoverende tegnologie met praktiese beginsels op die plaas, te verbind. My rol as besigheidsbestuurder as deel van die plantvoedingspan is om te verseker dat ons biostimulantportefeulje nie slegs ‘n lys van produkte is nie, maar ‘n reeks beproefde oplossings wat waarde kan toevoeg tot die unieke uitdagings van die Suid-Afrikaanse boer. Deur Laeveld Agrochem se uitgebreide verspreidingsnetwerk en tegniese kundigheid te kombineer met ‘n verbintenis tot datagedrewe advies, bemagtig ons boere om biostimulante met vertroue te gebruik en biologiese potensiaal in meetbare opbrengssukses te omskep. 4. DALRRD. 2019. Guidelines for registration of Group 3 fertilizers. Directorate: Agriculture Inputs Control. 12 pp. 5. DU JARDIN, P. 2015. Plant biostimulants: Definition, concept, main categories and regulation. Scientia Horticulturae (196), pp. 3–14. 6. ROUPHAEL, Y. and COLLA, G. 2020. Toward a sustainable agriculture through plant biostimulants: from experimental data to practical applications. Agronomy (10), pp. 1461–1471. 7. STRAITS RESEARCH. 2026. South Africa Biostimulants Market Size and Outlook, 2025–2031. Available at: https://straitsresearch.com/vertex/insights/biostimulants-market/south-africa (Accessed: 12 January 2026). 8. THE MIXING BOWL. 2025. 2025 Crop BioStimulant Landscape, 350 Companies Powering Crop Performance with Biologicals. Available at: https://www.mixingbowlhub.com/landscape/2025-crop-biostimulant-landscape (Accessed: 3 November 2025). www.agribonus.co.za Winter 2026 BONUS 69

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=