WINTER BONUS MAGAZINE 2026

Met die klem op groot masjiene, fokus ons vanjaar op die nuwe CR10-stroper en die opgegradeerde T9- en Genesis T8-trekkerreekse. New Holland bevestig hiermee dat hulle een van die sleutelverskaffers is van groot landboutoerusting aan produsente wat hierdie toerusting benodig. Tydens die onlangse Nampo-oesdag het New Holland ’n indrukwekkende reeks werktuie tentoongestel. Dit het die maatskappy se verbintenis tot die vooruitgang van boerderypraktyke weerspieël. New Holland het in 1975 baanbrekerswerk gedoen met die gebruik van dubbelrotors vir dors en skeiding met die bekendstelling van Twin Rotor™-stropers. Meer as vyftig jaar later het dié tegnologie die kenmerk geword van byna elke hoë-uitset-stroper. Die nuwe CR10-stroper is New Holland se antwoord op die boerdery- eise van vandag én môre. Dit is ontwerp om graanverliese te minimaliseer, graangehalte te beskerm, lopende koste laag te hou, en die boer se landerye in die beste toestand te laat vir die volgende seisoen. Die manier waarop stropers ontwerp word, is heroorweeg en ’n heeltemal nuwe ontwerp en dryflyn is geskep. Die CR10 is ongeëwenaard – die 24-duim-rotors, in ’n wyer en langer dorskompartement, voer ’n 16 000-liter- graantenk en laai die oes teen ’n vinnige 210 liter/ sekonde af. Die Twin Clean™- skoonmaakskoen bevat twee skoonmaakstelsels wat gelyktydig loop, met twee boonste en twee onderste siwwe, twee skoongraansensors, en twee stelle druksensors om die skoonmaakskoenlading te meet. Dié stelsel is revolusionêr in die bedryf. Dit is ten volle outomaties om egalige kruisverspreiding van die skoonmaakskoen te waarborg vir maksimum kapasiteit teen verliesvlakke van byna nul. Die bekroonde IntelliSpread ™-radar outomatiseer die verspreidingsbeheer om volle en egalige restebedekking van tot 18 m agter die stroper te verseker, ongeag windtoestande, gewassoort, of vogtoestande. Die Genesis® T8-reeks het onlangs opgraderings gekry om aan meer doeleindes van die bedryf te voldoen. Daar is genoeg krag van enjins wat 195–297 kW lewer (± 5% meer as die vorige reeks), volledig gesinchroniseerde Ultra Command™-kragskakeltransmissie, of die Auto Command™- deurlopend veranderlike transmissie (CVT) om hierdie krag na die swaargewig-aste, robuuste driepuntskakels, en trekstange oor te dra. Dit alles dra by tot optimale werkverrigting tydens grondvoorbereidingswerk. Die 328 liter/minuut megavloei hidrouliese pomp met ses volledige hidrouliese koppelings verseker langdurige werking van enige implement of planter. Kajuitsuspensie is nou standaard en dit kom met 2 x Intelliview 12-aanraakskerms om al jou implemente en toedienings te hanteer. ’n Telematika- geïnkorporeerde stelsel en beheer is nou lewenslank beskikbaar en dit maak die sigbaarheid van jou vloot maklik. Saam met die FieldOps-databasisstelsel het jy volle beheer oor jou plaas en vloot. Die FieldOps-stelsel is gratis en jy kan al jou toerusting daarin inkorporeer. Daar is nog steeds die twee modelle in die reeks wat toegerus word met die bekende agterste SmartTrax-stelsels. Hierdie rusperbande gee jou ’n beter voetspoor, dryfvermoë, en vastrapvermoë in sanderige grond of nat toestande. Die T9-reeks met PLM Intelligence-trekkers vertoon die beste van New Holland se krag van 312 kW tot 474 kW (± 6% meer as die vorige reeks), gemak, doeltreffendheid, DINKGROOT. DINKNEWHOLLAND. 70

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=