WINTER BONUS MAGAZINE 2026
waterstofperoksied (H 2 O 2 ) wat gestabiliseer word deur middel van ’n gepatenteerde ioniese versterkingsmiddel, bied ’n omvattende oplossing wat ál drie pilare van biosekerheid aanspreek: water, oppervlaktes, en lug. Ongeag al die vektore wat BKS versprei, moet elke dier water suip. Siek diere sal ophou vreet voordat hulle ophou water suip. Dit geld tydens hierdie siekte ook, maar die verskil is dat die eerste besmette dier die virus deur sy bek uitskei en dit beland dan in die waterbak. Daarna suip die res van die diere en kan kruisbesmetting plaasvind. Dit maak die drinkwaterstelsel die sentrale punt waar biosekerheidsmaatreëls die grootste impak kan hê. Peroxsil® ontsmet en suiwer die water deur ’n oksidasieproses. Dit vernietig mikro- organismes en patogene deur hul selwande en intrasellulêre komponente te oksideer en is hoogs doeltreffend teen bakterieë, virusse, en spore. Peroxsil® is veilig regdeur die waterstelsel. In watertenks breek dit af in water en suurstof sonder enige skadelike neweprodukte. In drinkbakke bly dit tot 14 dae doeltreffend sonder om die smaak, kleur, of reuk te affekteer. Hierdie verlengde beskerming verseker voortdurende mikrobiese bekamping. By koeie se spene is daar geen residu wat die melkgehalte kan affekteer nie. Peroxsil® werk dadelik sodra dit verdun is, sonder enige wagtydperk. Ladismith Poeier Maatskappy het die Landbounavorsingsraad betaal om Peroxsil® in boorgatwater teen die bek-en-klouseer- virus te toets. Peroxsil® het die toets met ’n doeltreffendheid van 99,99% geslaag. Skoon water, oppervlaktes, en lug Skoon water is die kern van enige doeltreffende biosekerheidsplan. Daarom is Peroxsil® se vermoë om biofilm te verwyder en te voorkom so uiters belangrik. Biofilm vorm wanneer bakterieë, alge, of swamme aan ’n oppervlak, soos pype, tenks, waterbakke, of filters heg en ’n gomagtige stof produseer. Biofilm in tenks en drinkbakke skep ideale toestande vir die vermeerdering van patogene. Deur bestaande biofilm af te breek en die vorming van nuwe biofilms te voorkom, verminder Peroxsil® die risiko van besmetting aansienlik. In teenstelling met baie ander ontsmettingsmiddels is Peroxsil® nie pH- gevoelig nie, wat beteken dit bly doeltreffend oor ’n wye reeks pH’s. Dié eienskap maak dit ideaal vir gebruik in verskillende watertoestande. Siektes kan ook deur besmette oppervlaktes versprei. Peroxsil® voorkom nie net die vorming van biofilm in waterbakke en tenks nie, maar bied ook doeltreffende ontsmetting van voerbakke, heinings, en toerusting. Dit vernietig virusse en het geen korroderende uitwerking op toerusting nie, wat dit ideaal maak vir gereelde gebruik. Virusse wat in die lug versprei, kan nie geïgnoreer word nie. Peroxsil® kan as lugontsmettingsmiddel in beperkte ruimtes gebruik word en sal help om luggedraagde patogene in melkstalle te verminder. Dit is veilig vir gebruik rondom diere en werkers en breek af tot veilige komponente. Vele voordele Die impak van skoon water op kuddegesondheid is merkwaardig. Skoon drinkwater verminder inwendige en sistemiese besmetting aansienlik, wat minder vrektes en verminderde gebruik van antibiotika tot gevolg het. Diere wat skoon water inkry, toon verbeterde voeromsetting, groeitempo, en eenvormigheid danksy minder siektes en stres. Dit lei tot beter reproduksie, aangesien hidrasie en algehele gesondheid deurslaggewende faktore in vrugbaarheid is. Deur watergehalte en algehele higiëne te verbeter, help Peroxsil® boere om volhoubare en winsgewende boerderye te bou wat aan hedendaagse biosekerheidsvereistes voldoen. In die stryd teen BKS kan boere nie bekostig om enige biosekerheidsmaatreël te ignoreer nie. Behandeling is ’n opsie, maar produksieverliese en dooie kalwers is ’n werklikheid. Tree proaktief op en wees Peroxsil®-gereed. Peroxsil® is by die nasionale reguleerder vir verpligte spesifikasies (NRCS) geregistreer (NRCS/8054/295864/242). NAVRAE: ladismithcheese.co.za/products/ peroxsil/ www.agribonus.co.za Winter 2026 BONUS 87
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=