WINTER BONUS MAGAZINE 2026

Die verskil tussen weerstand en ‘n verskuiwing in sensitiwiteit Dit is belangrik om te onderskei tussen weerstand en ‘n verskuiwing in sensitiwiteit. ‘n Verskuiwing in sensitiwiteit word gekenmerk deur ‘n herhaalde afname in effektiwiteit wanneer die insekdoder korrek en volgens geregistreerde dosis toegedien word. Dit kan sigbaar wees as bloot ‘n kleiner persentasie van die insekpopulasie wat beheer word, of deurdat die insekte meetbaar langer neem om te vrek. ‘n Verhoging in dosis het dan dikwels tot gevolg dat effektiwiteit weer terugkeer na die normale vlak van beheer waaraan die produsent gewoond was. Algehele weerstandbiedendheid van ‘n insekpopulasie, word dikwels voorafgegaan deur ‘n geleidelike verskuiwing in sensitiwiteit waartydens al swakker beheer verkry word. ‘n Verskuiwing in sensitiwiteit moet dus gesien word as ‘n vroeë waarskuwing teen weerstand en is soms omkeerbaar deur vir ‘n tyd lank op te hou om die bepaalde insekdoder, asook ander insekdoders met dieselfde metode van werking, te gebruik. Weerstandbiedendheid word gewoonlik vermoed as gevolg van herhaaldelike swak beheer met ‘n insekdoder, maar dit is baie moeilik om weerstandbiedendheid te bevestig. Om weerstandbiedendheid wetenskaplik te bewys, moet daar ‘n basislyn van vatbaarheid bekend wees vir die plaagspesie. Sonder ‘n basislyn kan gewoonlik net aangedui word dat populasies ‘n vermindering in sensitiwiteit toon vir ‘n bepaalde insekdoder. Volledige weerstandbiedendheid teen ‘n insekdoder moet ten alle koste vermy word, aangesien dit meestal nie weer omgekeer kan word nie. Voorkoming van weerstand en wat om te doen as ‘n verskuiwing in sensitiwiteit vermoed word Afwisseling van insekdoders Chemiese insekdoders word ingedeel in sogenaamde IRAC (Insecticide Resistance Action Committee)-groepe op grond van hul metode van werking. Elkeen van hierdie groepe het ‘n unieke nommer wat bo-aan ‘n produketiket aangedui moet word en lyk gewoonlik soos volg: Wanneer ‘n verskuiwing in sensitiwiteit vermoed word, kan die dosis nie net summier verhoog word om beheer te verkry nie. Onthou dat dit ‘n gevaarteken is dat weerstand besig is om te ontwikkel. Om die dosis te verhoog is net ‘n tydelike oplossing, maar selekteer vir individue wat selfs nog meer in staat is om daardie insekdodergroep te oorleef. So ‘n insekdoder moet eerder afgewissel word met produkte vanuit verskillende IRAC-groepe, sodat opeenvolgende generasies van die plaag nie heeltyd aan dieselfde groep blootgestel word nie. Dit is ideaal om slegs een generasie bloot te stel aan ‘n IRAC-groep en dan minstens twee generasies oor te slaan voordat dieselfde IRAC-groep weer gebruik word. Kennis van insekte se lewensiklus is dus baie belangrik – op insekte met ‘n vinnige siklus kan ‘n IRAC-groep gouer herhaal word, terwyl daar langer gewag moet word waar insekte met ‘n lang lewensiklus betrokke is. Maak ook seker van beperkings op produkte se etikette rakende die totale aantal toelaatbare toedienings per seisoen. Grondtoegediende insekdoders is dikwels meer vatbaar vir weerstand. Weens die lang residuele werking wat sommige van hierdie produkte bied, word verskeie opeenvolgende generasies aan dieselfde chemiese groep blootgestel en elke generasie se blootstelling is aan ‘n laer dosis. Moet dus nie uitsluitlik op sulke produkte se werking staatmaak nie, al is die beheer aanvanklik goed. Inkorporeer betyds produkte met ‘n ander metode van werking om weerstand te bestuur. GROUP 1A INSECTICIDE Winter 2026 BONUS www.agribonus.co.za 96

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=