Bonus Tydskrif AUTUMN 2024
1.5 1.6 1.7 1.8 1.9 2 2.1 2.2 2.3 Mediaan opbrengs (t/ha) Figuur 3: Diegemiddeldekanola-opbrengsverbetering (t/ha) tussen 2020 en 2022 na grondverbeterings. Verdere data-ontginning met dieselfde pro- dusent se ITEST™SOIL-resultate het getoon dat die beste kanola-opbrengs verkry was in areas waar die P-Bray I-fosfaatvlakke in die grond tussen 25 mg/kg en 30 mg/kg was ( Figuur 4 ). Na ontginning van hierdie waardevolle data, was dit moontlik om met sekerheid te bevind dat addisionele bemesting op areas met grond Pwaardes hoër as 30 mg/kg geen verbetering in oesopbrengs tot gevolg sou hê nie. Met hierdie plaasspesifieke data-ontginning kon die bemestingprogramme aangepas word om onnodige kostes en antagonistiese reaksie weens oorbemesting te vermy. Data-ontginning kan ook gebruik word om die interaksie van grondfisiese eienskappe en grondchemiese eienskappe op oesopbrengs beter te verstaan en dus korrek te bestuur. Hier dien die Ca:Mg-verhouding in die gronde van dieselfde plaas in Wes-Australië as voorbeeld. In grond word die Ca:Mg-verhouding algemeen gebruik as ʼn aanduiding van die stabiliteit van die grondstruktuur. Dié tendens word in Figuur 5 geïllustreer, weer eens met die gebruik van Wes-Australiese plaasdata. Gronde met ‘n klei-inhoud van 1% in die Ahorison trek meer voordeel uit die teen- woordigheid van hoër Mg-vlakke as hoër Ca:Mg-verhoudings. ‘n Afname in kanola- opbrengs word dus gemerk soos die Ca:Mg- verhouding toeneem (linkerkant). Kanola in gronde met ‘n hoër klei-inhoud van 25% in die A-horison trek weer meer voordeel uit die verbetering in die Ca:Mg-verhouding, wat in beurt weer lei tot ‘n verbetering in deurlugting en waterpenetrasie in die hoër kleihoudende gronde (regterkant). Keerlaagdiepte (mm) Bou jou grondlegkaart vanaf vorige bladsy Mediaanopbrengs volgens keerlaagdiepte (mm). Autumn / Herfs 2024 BONUS www.agribonus.co.za 56
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=