Bonus Tydskrif AUTUMN 2024

Ten slotte Data-ontginning deur MYDATA MINING™ in kombinasie met MYSOIL CLASSIFICATION™-, ITEST™SOIL-ontledings en -opbrengskaartdata maak dit moontlik om dieper en meer verfynde insigte te bekom rakende die reaksie van gronde op toegepaste praktyke, asook hoe opbrengs verbeter kan word. Daar is ook die verdere vooruitsig om die data-ontginning wat reeds op biologiese komponente van die grond gedoen is, te integreer met die chemiese en fisiese komponente en sodoende dieper insigte rakende die holistiese bestuur van grond te ontwikkel. Deur al die legkaartdeeltjies bymekaar te maak en elke deeltjie dan reg te plaas, verskyn die hele prentjie en is dit moontlik om die volle potensiaal van die grond daarvolgens te ontgin. Met voordele soos dié in die vooruitsig, behoort elke produsent ‘n grondlegkaart te bou en die waarde te ontsluit. www.agribonus.co.za Autumn / Herfs 2024 BONUS 57

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=