Bonus Tydskrif SPRING SUMMER 2024 FINAL
Tegniese faktore Ontoereikende toediening van spuitstof oor die teikenarea is een van die belangrikste faktore wat chemiese beheer in die wiele ry. Dit kan die gevolg wees van bome met ‘n baie digte blaredak, óf dit kan verhinder word deur ‘n moeilik benatbare teikenarea of ‘n versteekte insekplaag. Daar word gereeld aangemeld dat oormatige spuitvolumes aangewend word, wat maak dat die oorgrote hoeveelheid van die produk afdrup en op die grondvloer beland – óf, aan die ander kant, dat onvoldoende volumes toegedien word, wat weer lei tot ondoeltreffende bedekking en lae effektiwiteit. Onvanpaste spuitapparaat of ‘n ontoereikende spuitmetode het ook gereeld swak resultate tot gevolg. Dit is van die grootste belang dat spuittoerusting presies gekalibreer word en behoorlik in stand gehou word, én dat die etiketriglyne en -spuitinstruksies noukeurig gevolg word. Daarby moet toedienings geskied in weerstoestande wat gunstig is om optimale produklewering te verseker. Dit is van die grootste belang dat spuittoerusting presies gekalibreer word en behoorlik in stand gehou word, én dat die etiketriglyne en -spuitinstruksies noukeurig gevolg word. Sterk wind of uiterste sonlig kan byvoorbeeld uitdagings in hierdie verband bied. Die toepaslike produk teen die teikenplaag moet volgens die presiese dosering aangewend word, in lyn met gepaste registrasies. Die vervaldatum van die produk moet ook noukeurig nagegaan word om te verseker dat die produk nog aan daardie spesifikasies voldoen. Spuitmengsels moet op die dag van toediening voorberei word en die voorgeskrewe aanmaakinstruksies en mengmetodes moet streng volgens etiketaanwysings gevolg word. Watergehalte moet voldoende wees en pH-spesifikasies moet gevolg word soos gespesifiseer. Koop produkte by betroubare en ondersteunende verskaffers en waak teen namaaksels. Weerstoestande tydens sowel as ná ‘n toediening kan die doeltreffendheid van ‘n toediening op verskeie maniere beïnvloed. Hitte, oormatige UV en wind versnel die afdroogtempo van ‘n aangewende produk en kan bv. veroorsaak dat sistemiese produkte droog word voordat dit die gewasweefsel gepenetreer het, of dit kan maak dat die nawerkingstydperk van produkte verkort word. Wind kan ook veroorsaak dat druppels van die teikenarea af weggewaai word. Reënval kort na ‘n bespuiting kan die produkmengsel van die teikenarea laat afspoel. Hierdie probleemsituasies kan wel voorkóm word deur voorspelde weerpatrone vóór ‘n toediening in ag te neem en die tydsberekening daarvolgens aan te pas. Indien dit wel sou gebeur dat die produk byvoorbeeld na ‘n reënbui afwas, moet ‘n opvolgbespuiting oorweeg word – in lyn met etiketspesifikasies, en sonder om die toelaatbare hoeveelheid toedienings te oorskry. Dr. Jeanne de Waal Besigheidsbestuurder, Laeveld Agrochem www.agribonus.co.za Spring/Summer 2024 BONUS 25
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=