WINTER BONUS MAGAZINE 2025

Bar-Akiva (1975) byvoorbeeld, het by Valencia- lemoene ‘n beduidende toename in die K-inhoud van blare (van 0,69% tot 1,36%) gerapporteer ná ‘n K-toediening en gevolglik ook ‘n toename in vruggrootte. Oormatige K-bemestings kan egter lei tot ‘n verhoogde grofheid en dikte van die skil (Chapman, 1968; Morgan et al., 2005). Afgesien van N en K, impakteer elemente soos magnesium (Mg), fosfaat (P), en sink (Zn) ook vruggrootte en is dit noodsaaklik dat hierdie elemente effektief bestuur word om die optimale voedingstatus deur die totale seisoen te handhaaf. Agri Technovation se ITEST LEAF-blaarontledingsdienste is beskikbaar om die voedingstatus van ‘n boord op kritieke fenologiese stadiums te bepaal en te monitor ten einde tydige en vinnige voedingregstellings te maak om optimale vruggrootte te verkry. MyGROWTH™-diens en -vrugvergrotingbespuitings Agri Technovation bied nou die vrugmetingsdiens MyGROWTH™, waartydens vruggroei gemonitor word ten einde optimale opbrengs te bepaal. Die diens bied kultivar-spesifieke groeitendense gegrond op meer as sewe jaar se vruggroeidata versamel deur Agri Technovation vir elke sitrusproduserende area (vallei) in Suid-Afrika. Gemerkte vrugte word elke twee tot vier weke (volgens kliëntevoorkeur) gemeet. Resultate word aangeteken en geplot teenoor die kultivarspesifieke valleinorme (Figuur 1) en word ook met data van vorige jare (dieselfde boord en plaas) vergelyk. Insigte wat hierdeur bekom word, word dan gebruik om belangrike besluite te neem rakende vrugvergrotingstrategieë. Die insluit van FRUIT-TO-SIZE™ saam met K PHLOEM™ as ‘n blaarvoedingbespuiting is ‘n uitstekende kombinasie van aminosure en voedingstowwe om vruggrootte te bevorder en ondersteuning te bied aan bome met ‘n hoëvruglading. FRUIT-TO-SIZE™ bestaan uit N, P, K, Mg, en Zn, tesame met aminosure wat fokus op vruggrootte. K PHLOEM™ is ‘n suiwer hoogs- plantbeskikbare K-produk wat effektiewe K-opname bied. Deur hierdie bespuiting tydens vrugvergroting toe te dien, waar die behoefte aan voedingstowwe van ‘n swaar oeslading die vermoë van die wortels om elemente op te neem oorskry, word optimale vruggroei gehandhaaf. www.agribonus.co.za 80 Winter 2025 BONUS

RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=