WINTER BONUS MAGAZINE 2025
Soos hierbo gesien kan word, het elke roumateriaal ’n unieke fermentasietempo in die rumen. Die fermentasietempo moet in ag geneem word wanneer daar geformuleer word, sodat die regte hoeveelheid fermenteerbare proteïen en energie op die regte tyd aan die rumenmikrobes verskaf kan word. Deur SFOS® te gebruik in formulering kry die boer en die dier die volgende voordele: • Beter vertering van roumateriale in die rumen • Verbeterde benutting van grondstowwe • Gesonder rumenfunksie weens ’n verhoogde rumenbakteriepopulasie • Laer risiko vir asidose • Gesonder diere • Verbeterde groei • Beter voerdoeltreffendheid • Hoër marge bo voerkoste FeedExpert-formuleringsprogram: Tesame met SFOS®, gebruik De Heus FeedExpert as formuleringsprogram. FeedExpert maak gebruik van die CVB-stelsel – in die CVB-stelsel is daar nie net ME MJ/kg en ru-proteïen Die voordele van SFOS® word in beide voerkrale en ekstensiewe omstandighede waargeneem. Om die voordele te kan meet, is dit baie belangrik dat daar goed boek gehou word van inname, gewigte, en kondisie om die verbeterde prestasie te kan kwantifiseer. Kontak gerus jou De Heus tegniese adviseur om jou te help om ’n gebalanseerde voedingsprogram saam te stel wat optimale rumenfunksie ondersteun – https:// www.deheus.co.za/meet-our-team. as waardes nie, maar ook SDVE- (Darem verteerbare eiwit) en VEVI- (Voeder eenheid Vleisvee Intensief) waardes. SDVE is ’n waarde wat die ru-proteïen van die roumateriaal en die verteerbaarheid daarvan in ag neem. So is VEVI ook ’n energiewaarde wat verteerbaarheid in ag neem. Deur die formuleringstelsel te gebruik, kyk ons nie net na die fisiese energie en proteïenwaarde van die rantsoen nie, maar neem ook die beskikbaarheid van die roumateriaal vir die dier in ag. www.deheus.co.za | 031 785 1575 | infosa@deheus.com 85 Winter 2025 BONUS
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTY4NjQ=